Gelamineerde oktaaf
deur: Meraai vannie baai

Jou kleurvolle woorde
hang gelamineerd
teen die verbleikte mure
van my menswees;
onder sleepvoete
weerklink die kopiereg
van leë beloftes
en ylgeklede drome.

© Meraai vannie baai


Terug na indeks Epos die skrywer