'n Windvinger sekstet
deur: Meraai vannie baai
as daar maar net
'n windvinger
vanuit die Ooste
kon kom pluk -
aan die wolkgordyn,
op my horison
sodat 'n strepie lig
vanuit die hemelskreef
'n paar helder kwashale
kon kom trek -
dwarsoor die swart palet,
van jou uurglassand.
© Meraai vannie baai