Brandewyn het nie brieke
deur Natalie Dominique

Vrydagaand, jolyt tyd
Mannetjies, meisies giggel en fuif
Gooi nog ‘n dop Bob, ‘n dop wat skop
Brandewyn het nie brieke

Check my chick, check my wiele
1600 met Turbo, NOS op die sideline
18 duim wiele en
Brandewyn het nie brieke

By die roadhouse die Ayrtons van die straat
Hul wiele Groen, Rooi
Hier’s ‘n Witte met vlamme op die bonnet
Brandewyn het nie brieke

Wiele wat tol, wiele wat rook
3000 refs en die Turbo sug
4000, 5000 – die NOS is los
Brandewyn het nie brieke

Geknars, geskree van metaal wat skeur
Glas klingel op die pad
En die stilte na die botsing
Brandewyn het nie brieke

Gou, snel, dié een bloei
Hier’s nog een, haar dice finaal verby
Oë starend die hiernamaals in
Brandewyn het nie brieke

‘n laaste dop, een vir die pad
‘n laaste gebed, ‘n kluit op die kis
nog ‘n straat Ayrton verdwyn in die mis want
Brandewyn het nie brieke

Terug na indeks Epos die skrywer