Totsiens
deur Natalie Dominique

Met ‘n skok moes ek hoor
Jy het sonder waarskuwing
Aan boord gegaan
Aan die oewer van die Styx
Met enkelkaartjie van hier na hiernamaal
Van tasbaar na ontasbaar

Plotseling die gedagte
Jy is nie meer
Nooit weer hoor ek jou lag
Vir ewig weg jou skerp humor
Jou tere deernis
Nooit weer sal ons saam die wedloop aanpak

Diep binne my die sekere wete
Dat waar jy nou is
Die wedlope sonder asemnood is
Elke wedloop voltooi word sonder uitputting
Daar geen stryd is oor wie wen
Die wenprys aan almal ewige geluk

Ek sou so graag
‘n enkele maal wou se
Ek is lief vir jou my vriend
‘n laaste maal wou vra
Gaan dit goed met jou?
Totsiens my vriend, tot eendag

Terug na indeks Epos die skrywer