Afrika gedig
Deur paul Olivier
Die pous is dood
en daar is paddavis, gewemelde verdriet.
Emosiebedwelemd in onvaste
innerlike, menslike aardbewings….
Strewend na iemand of iets
Waaraan hou ons vas?
Ons wat almal vertel,
niks is….. of was
Of is ons meer as n hardekool hout vuur
wat winterweses kan verlos
van n koue nag van winter wit as?
Ons Afrika moeder, vrou, dogter
wat desperaat vashou aan 'n geswore heilige ligtoring
van swart kleed…….
Maar dan is die binne- been-bloed en semen
van die Afrika vrou so onheilig wreed,…
dit was bloot n grashalm aan 'n spook se kleed
Daar waar verloon waters onskuldige hande deur die eeue
gewas het.. lê nou bloedrooi ondergrondse mere vol……
en dan kom die onheilige, ongodlike maar tog menslike gedagte……
Sommige van u leraars, rabbi's, heiliges ……..
en dalk u ons pous in jou weeldige hemelike vatikaan
wie kan in een van moeder Teresa, en die soos sy,
se vuil stowwerige, stukkende skoene staan?