Laat jaar Karoo sonsopkoms
Deur paul Olivier
Die karoo speel haar vroeë oggend lig overture
Daar waar die hemel en aarde raak
breuk die slakkruipende
rooi lawa deur
…n bloed bespatte geboorte
van nog n nuwe dag
Die ou verhoog
van n nuwe griekse spel
Die nuwe lig openbaar
die gode se reuse altare
en die knoetse van n moeder se ou ou vel
Die rooi- septer- god beur vorentoe
en gooi sy silwer uit oor die droeë aarde kors
waar sy dit gretig vasvang
……….en uit haar hart speel sy haar vyfde simfonie
en vul die siele van die wat haar kan hoor
Vrywillig offer hulle,
die jaar se swaar en seer op haar leeg gedrinkte borste
………en sien in haar oë
die toekoms van
nuwe moontlikhede
2004/12/06