Donker plafonne
Deur paul Olivier
In donker plafon tonele
speel my lewe af
terwyl die hawe geluide
gerustellend
my van lewe verseker
Ek word weereens
op
my nietigheid
en afhanklikheid gewys
en
vrywillig
gee ek my oor
aan die genade
Richardsbaai 25 Julie 1990