Robberg
Plettenbergbaai
9 Desember 2001
Deur paul Olivier
Omarm jou baai oue eeue historikus
Jou geheime vir ons verberg
….. maar vir miljoene jare
jou storie vir die hemelikes opgedis
Hoekom wou jy jou losskeur
Van die beloofte land …
Die owergroen valeie … berge
En wit, wit sand ?
Reinheid n’ paradoks ?
Jou rotswande n’ brief van gister
Vertel gruwel verhale …
Van gas en vuur en lawa…
Drake het hul teen jou rotswande verewig
En skoonheid het jy gedink is uitgewis
…. Maar God homself het op die sewende dag gerus.
Die agste het jy rotsmens jou kop hier kom le’
Jou grotte bewoon
En van n’ beter toekoms gedroom
Eeue gelee’ het hul die berg terug gegee
En jy die suiderwind geroep om n sandkloof te waai