Kinderspeletjies
Deur paul Olivier
Ja.. ons Afrikaners is plesierig
en ja.. hulle glo…
en hul kinders sing onwetende waarhede,
…….en lag daaroor!!
want woorde nie verstaan nie, is woorde tog niet
Want in Irak is tjoef tjaf 'n heilige Amerikaner se kop af…….
en sy volk staan stil,
want kom jy van geld en mag
word jy meer as 'n Tsoenami vrats geag
Maar dan in die land van suidste Afrika
het 'n Afrikaanse man ook sy kop veloor…
net af in die straat
is siembamba pappa se babas
en Siembamba pappa se enigste vrou
……….dis daar waar 'n ma en drie kinders lę in 'n sloot
natuurlik ongelooflik skuldig …..
en daarom mors, mors dood