Waar is jy my vrou?
Deur paul Olivier

Waar is jy my hou vrou,
my storie vrou,
vroetel vrou?

Jy is daar waar die hemel en die aarde raak.

Waar is jy my metgesel,
my onvergenoegte vuurvreter,
my stilte voor die storm?

Jy is daar waar die maan en die meer raak.

Waar is jy moeder,
ons stormsee spons,
ons horende diep eindelose heelal oor?

Jy is daar waar die aarde die see raak.

Waar is jy hartsgenoot,
my droomgenoot,
sielsgenoot,
my eenwordgenoot?

Jy is daar waar een hart 'n ander hart raak

April 2005


Terug na indeks Epos die skrywer