Zoni
Deur paul Olivier
Ek lief jou
My groenoogpatat
Ek sê dit altyd
as ek jou lyfie
teen my vasdruk
Ek hoop die graffiti
in jou hartkamers
bevestig dit
as ek aand na aand
kom seker maak
jy is toe
en my ore
die sekerheid soek
van jou asemhaling
Ek hoop jy sien
die vaderoë
wat beskermend
jou volg as jy
toegelaat word
om jou onafhanklikheid
te beoefen
Ek hoop jy hoor die liefdesboodskappe
as ek snags
vir jou stories lees
Ek lief jou
my groenoogpatat
3 Oktober 1990