Ken jy my?
deur Riane Venter

Wyd uitgesprei
gly ek oor vlakte
rys met die berge tot hoog
daal in valleie neer
sink in die waterdieptes
rus op rivierbedding
vlieg op die arend se wieke
skuil in die leeu se grom
lag saam met hiënas in die nag
sing die lied van die visarend.
Waar sal jy my kry...
ken jy my.

In die goud van die môrestond
in n druppel reen op die grond
teen die wande van n rots
waar golwe teen die aarde bots
in die huil van n honger duif
of jakkalse se nag gefuif
in kleure van n skoenlappervlerk
daar waar miere aanhou werk.
Waar sal jy my kry....
ken jy my

In die reuk van varsgeploegde grond
in die kleur en geur van roosmaryn
ek drink die stiltes van n slapende land
hou in my hand verwondering vas
van n nuwe klein lewe.
Ook in die blink van n spinnerak
wanneer die son daarop val..
Ken jy my nou ?
Ek is die stem van
jou siel se verlange.
ACV


Terug na indeks Epos die skrywer