Najaars liefde
deur Riane Venter
Die passieblom het klaar geblom
net 'n najaarsknoppie
nou en dan
wat uit sy skaamte kom
met 'n huiwersag kloppie
vrou en man
oumenshande sagte streel
tyd lê uitgekerf
in papierdun nerf
kykers vol lewensstof
met die jare vergeel
nog vol liefde en lof
Die passieblom se saad gestrooi
passie brand nog lou
word binne genooi
in stil saamwees omvou
'n lewe reeds gebou
in ouderdom geseën.
Die passieblom het klaar geblom
najaarskleur vaal verdof
innig gloeiend halwe vonk
hy vir haar , sy vir hom
vergete jeugdig sonontplof
kranke lyf deur liefde jonk