Rots
deur Riane Venter

Die golwe kletter , klots , breek,
slaan met ruwe, rou ,geweld,
hard ,deurdringend, woedend, aan
ons lewenshuis se wand.
Ruk met meedoenloos slae
dag na dag
die eentonig reelmaat val
soos geselslae
wat wil wreek
so maklik,kan ons nou versmelt
in donker diep en kou vergaan
maar nee, Hy steek
na ons Sy hand,
My kind waarom al die klae
dag na dag
in eentonig reelmaat, al ?
Die golwe kan maar kletter ,klots, breek
weet dan nou..
die rots waarop jy bou
Is die hoeksteen van God's trou
Tot in ewigheid onwankelbaar
al wil lewenstorme ons ook breek
ons Rots sal ons bewaar.

Terug na indeks Epos die skrywer