Skets
deur Riane Venter
Vloeiende lyne ontmoet
op die bergtop, blou
en dynsig, daal neer
waar vleie in die lang
gras speel aan sy voet.
Sagte lyne skets die dou
wat huiwer op n blaartjie teer
soos n traandruppel op n wang
Harde lyne loop met die
stofpad langs oor die growwe
sand en klip,die hele ent met die
doringdraad , verstikkend die stowwe,
die warm droë waterpoel
en dooie doringbos wat snak ...
lyne verdwyn in n son wat sak ...
die skets vervloei in water wat spoel.
Vloeinde lyne halfsirkel die lug
aan die einde n pot vol goud
Sonstraal lyne bou n brug
skrefies deur die kil en koud
Helder lyne skoon gewas
hou hande bo die bergtop vas
vloei sag golwend na benede
omarm die verlede met die hede