Soekende siel
deur Riane Venter

Ek bly U kind....
ja ek is U kind
sugtend om te vind.....
soek ek en krap..
en delf in my hart
en wroeg in die donker swart
binneste na waarheid wat kap
tot op die been...
so dors ek na u seën.

Soekend na waarheid
biddend om klaarheid..
vra ek na U wil..
en pleit ek en smeek..
as die stille oggend breek
om my dors te stil,na U wil
en, les my smag...
waar ek op U wag

Groot is U my God
U kom na ons in stil geruis
soos n sagte blaar-gesuis
nie gebod op gebod
wat dring en dryf....in slawerny
U maak ons vry
en laat U lammers wei
in groen weivelde wat bot.

ons het na U nie gesoek
U hou van ons sonde nie boek
U soek na ons , vind
ons waar ons verdwerg
deur sonde in die paradys
agter vyegewaad verskuil.
In die tuin het U gehuil
daar het U ons naak gevind.

Terug na indeks Epos die skrywer