Voetspore
deur Riane Venter
na voor
na een kant
oneweredig
ander vlak
ander diep
almal trap spore
spore in die tyd
spore in gesdkiedenis
spore in lewens
sagte spore
brekende spore
wat verwond
wat se spoor
laat jy na
een om te volg
of te vermy
groot spoor
klein spoor?
Is jou lewe
een ry spore
daar waar Hy dra
twee dowwe spore
of 'n reguit ry spore
sonder afdraai.