WINTERTUIN BLOM
deur Riane Venter

Affodil met jou geel oop bek
fluit vrolik hier jou lewenslied.
In winterkou en son so flou,
weerklink jou stem van hoop

Affodil jy's 'n blom van hoop
verkondig lewe al lyk dit grou
n geel gewaad ons aan te bied,
die wintervaal met kleur te dek

Affodil jou goudgeel glimlag plooi
in sierlike kroon ,met kop omhoog
vang jy sonnestraal en tooi
die węreld in 'n lushof vir die oog.

Affodil leer my ook hoop en krag
te ontmoet in elke nuwe dag
So vinnig gaan jou tyd verby
tog bly jou les van hoop my by

Terug na indeks Epos die skrywer