Vir…OUMA
Deur Rienie Swart
Ouma, ek ruik jou
in gemmer, naeltjies
en konfyt.
Ek mis jou in die
môre, in die middag
en met slapenstyd.
Ek lewe vir jou
soentjies, jou liefde
en jou lag
om jou weer te
kan sien is die langste,
langste wag.
Somtyds, ek weet, is
ek selfsugtig
ook
wanneer jy wil rus
vra ek ‘n koekie of
brood.
Vergewe tog ouma
jy weet mos
ek is klein,
my gesiggie is
dalk vuil, maar my
hartjie is rein.
Jy is die beste,
beste ouma in
die hele land,
my liefde vir jou
is ontelbaar
soos sand,
want :-
jou oë is soos
viooltjies, so
vrééslik blou
en jou hande
so sag as dit
myne omvou.
Ek is so bly
jy is my ouma:
lief en teer,
as ek kon
kies, dan kies
ek jou weer.
(opgedra aan Kriekie)