'n RYP PERSKE
Deur Rienie Swart

Rooi en geel
met ‘n punt na onder-
hang jy,
so :
“help-my-ek-gaan-val”
en jou blare
groet jou…
langs die growwe
stam in jou ryp
gewaad, is die
Skepper se glorie
en
jy is sag, geurig
In die hap
in jou pit
lê rustend
Sy geheim.

Terug na indeks Epos die skrywer