SWANGER
Deur Rienie Swart
Liefste kleintjie,
Jy vorm
en woel
hier
binne my…
omhul
deur liefdesvog-
êrens
weet ek,
is daar
‘n
verbinding
tussen
jou
en my…
ek weet jy het my gebed gehoor:
jou tog deur tyd
sal
veilig eindig
in
my arms,
my hart
en
teen my bors.
Terug na indeks
Epos die skrywer