TALITA
Deur Rienie Swart

Jou oë…..
verbeel ek my
of weerkaats die
Hemel daarin ?

jy verlig my lewe
en ek wonder
oor jou…..
en
Jairüs
wat in sy wanhoop
gepleit het by God

toe het almal
gehuil,
gerou
oor ‘n dogtertjie
net so kosbaar soos jy

dit was skemer
in
Jairüs
se hart,
maar God lei
deur duisternisse…..
TALITA –
jou oë…..
wek geloof,
liefde,
hoop
en
skielik klink
“Talita koemie”
soos ‘n ver weg
boodskap wat
weerklank vind
in my siel.

Terug na indeks Epos die skrywer