Dennewoud
deur Yolandi Norwie

Ek stap tydsaam deur die dennewoud.
Ek ruik die klam dennenaalde.
Die woud se digtheid laat my afgesonder voel.
Hier voel ek veilig.

Hier het ons dikwels kom sit.
Net 'n stile saamwees,
Elk met ons rue teen 'n boomstam.
Ons het die natuurskoon geniet.

Ons was op ons gemak bymekaar.
Geen woorde was so nodig nie.
Jy't gesê maak jou oë toe en luister.
Ek het die wind deur die boomtoppe gehoor.
Dit het soos 'n waterval geklink.

Hier kan ons rerig net ons self wees.
Ek verlang weer na daardie tye.
Ek praat met jou in my gedagtes.
Ek hoop jy kan my hoor.
Alles diep in my geheue gebere.

Wanneer ek verlang haal ek my.
Geheue uit en blaai daardeur.
En dan voel dit of jy weer hier by my sit...

Terug na indeks Epos die skrywer