Waterval
deur Yolandi Norwie

Voor ons is nog net die ruwe rots sigbaar.
Alreeds kan ons die waterval hoor raas.
Toe ons wel die waterval insig het, is dit. Pragtig!
Ons sit op swart rotse.
Die heerlike sproei reen maak ons hare klam.

Bo waar die water oor rotse tuimel raas dit
Onder loop die water in 'n stil stroompie
soveel kontras en tog so sprokies mooi.
Sonder woorde loop my gedagtes ver paaie.

'n Aand lank gelede met water en romantiese ligte
Hierdie mooi gesig sal ek nog lank onthou,
Met jou hier by my voel dit net reg.
Eendag sal Jy my weer hiernatoe bring.

Ons drink die natuurskoon in
Onwiilg om die natuurwonder te verlaat.
Maar later moet ons tog maar gaan.
Dit word diep in my gedagtes gebere,
waar ek later dit weer kan uithaal en geniet.

Terug na indeks Epos die skrywer