Winter
deur Yolandi Norwie

In die winter staan die bome kaal gestroop
Nou weet ek winter is hier.
Die heerlike son gaan plek maak vir koue dae.

Dan weer oral mense met rooi neuse en koue hande.
Almal toegepak onder lae klere om hul warm te hou.
Nee, wat winter is nie vir my nie.

Ek onthou wel van 'n koue winters dag wat anders was.
Ons het uit pure haas een rniddag in mekaar vas gehardoop
ons wou altwee so gou moontlik uit die koue kom.

Jy het my al laggend net daar vir koffie genooi!
Met bekers warm koffie tussen ons koue hande, Het ons mekaar beter leer ken.
Jou oë kon so warm lag.

Ons was altwee oorbewus van die band tussen ons.
Ek het telkens uit gebars van die lag oor jou snaakse segoed.

'n Week later het ons rooi wyn voor jou kaggel gedrink.
Dit was een van my wonderlike winters.
Winter saam jou was anders...

Terug na indeks Epos die skrywer